Die Groot Eksodus

Posted: Julie 1, 2016 in Uncategorized

Ek het altyd gedink dis vreeslik en onpatrioties om oorsee te gaan speel. Maar dis hulle werk en as jy op n ander plek beter geld kan kry, hoekom nie. Besides. Die kanse raak al hoe minder en minder vir wit spelers om Bok rugby te speel met die kwota systeem en ou kannie- dood ballies soos Morne Steyn wat elke jaar terug kom.”

Dis ‘n Whatsapp wat ek met my suster vanoggend gedeel het na aanlyding van ‘n berig op Super Sport se web blad oor die sowat 45 spelers wat na die Super reeks oorsee gaan speel.

Nou kyk, ek is n groot Stormers/WP ondersteuner, en toe Joe Pietersen vir die eerste keer in Japan gaan speel het, het ek nog nie lekker geweet hoe dit werk nie. Ek dag dis die einde van hom. Ek het gehoop hy so die volgende bok skopper wees, maar hy is nooit gekies nie. Toe Demetri Catrakilis vir die eerste keer vir die Stormers uit draf was ek oortuig hy so by Morne oor vat. Toe word hy ook oorgesien en ons het hom verloor aan Montpellier. Ek kon nie vertstaan hoekom al ons Stormers oor gesien word vir Flippen Bul spelers nie. Tot ‘n goeie vriend my mooi verduidelik hoe dit werk.

Ek raak vreeslik emosioneel as dit kom by rugby. En as dit kom by my emosies dan redeneer ek nie altyd soos ‘n normale mens nie. So uiteindelik verstaan ek hoekom Joe en Demetri nooit vir die Bokke gaan uit draf nie, ek het nie vrede gemaak met dit nie maar ek vertaan dit.

Nog ‘n ding wat ek nie kon  verstaan nie was, hierdie dat almal gaan oorsee speel. In die begin het ek gedink hulle kom nooit terug nie, maar as ek nou so kyk, is daar spelers wat nie sal terug keer SA toe nie. En ek blammeer die wet makers hiervoor.  Rugby is hulle werk en in werk werk dit so, as jy ‘n beter geleentheid kry dan vat jy dit. As jou werk nie waardeer word nie gaan jy ook ander werk soek. As jy die heeltyd oorgesien word vir ‘n promosie gaan jy ook nie wil bly nie. Hoekom moet dit enigsins anders wees vir profesionele spelers. “it’s nothing personal, it’s just business.”

Maar waar los dit die toekoms van Bok rugby? Hulle gaan nou al so ver om ons potensiele speller al so vroeg as op onder 21 vlak en laer op te raap. So hulle oes ons jong potentiale spelers en hulle oes die room, die wêreld spanne word sterker gevoed deur ons eie spelers en ons sn al hoe swakker. Die hartseerste van alles is dat daar niks is wat ons daar omtrent kan doen nie. Soos met al die ander dinge in die land moet ons maar net sit en toekyk hoe ons land agter uit gaan.

Maar vir die paar spelers wat wel agter bly, ons staan 100% agter julle en sal altyd trots wees op julle.

En nou het ek my sê gesê.

So, letterlik 5 jaar het verby gegaan en uit die bloute word ek vanoggend wakker en wonder, hoekom het ek op gehou ‘blog’? Ek het seker net niks meer tesê gehad nie. Nie dat ek nou iets tesê het nie, maar ek gaan dit ‘n ‘go’ gee.Ek het vir ‘n ruk lank Youtube videos ook ‘n ‘go’ gegee, dit het ‘n still dood gesterwe. Dalk moet ek maar ‘stick’ by dit wat ek ken…

“en wat sal dit nou wees Johanna?” hoor ek myself vra. Nee, vader weet, maar ek het nogaltyd van skryf gehou. Spel nie so veel nie, maar skryf baie. So, ek belowe niks maar laat ons sien wat gebeur. Kom ons begin met een ‘blog post’ ‘n week en vat dit vandaar.

“So, tel hierdie dan as een?”

“Ja Johanna dit tel.”

TBC

To Move or not to move???

Posted: Januarie 25, 2012 in Uncategorized

Soos julle almal al weet het Johanna al twee jaar terug uit haar ou moeder se huis uit getrek.. Jaja ek weet, hoekom bly enige iemand op 30 nog by haar ma??? Goedkoop bly plek is die antwoord… Ek het vir so n ruk in koljander gebly en nou al vir die afgelope jaar by Quackers Haven… Dis n bitter klein woonstelletjie op een van die mooiste erwe in die hele waterberg kontry… Maar soos ek se, bitter klein… Al wat in my woonstel in pas is n yskas, n bed , lesenaar en Tv/boekrak… Dis meer n buitekamer wat omskep is…
Van November verlede jaar bly ek so aan en af by my ou moeder… Meer aan as af… Ek het 2 maande huur by my woonstel betaal waarvan ek seker 3 dae daar geslaap het… Moeder bly so n rapsie nader aan die plaas so dis gemaklikker om in die aand net daar te stop, eet en sommer oor te slaap… Aangesien ek nie plek vir n wasmasjien het nie was ek klere ook daar by Flamingo (waar moeder bly) so ek het klere daar…
So ek het so terloops gisteraand vir moeder gevra of ek nie maar kan terug trek en al wat sy tese gehad het is ons sal jou breukware in bokse sit en op die stoep bere…
So nou die groot vraag moet ek of moet ek nie… Ek HAAT my woonstelletjie en dit sal my amper 500 rand n maand spaar…

Posted with WordPress by Johanna for BlackBerry.

So my dieet gaan goed aan.. Ek volg dit baie streng en hierdie week het ek ook by m gym aan gesluit om arobiese oefeninge te doen… Was so n bietjie styf hier by Vrydag maar dis die moeite werd..
Ek het my maandag laat weeg en ek het 1.5kg verloor.. Teen woensdag het ek nog 500g verloor… Ek is so posetief..
Toe kom die naweek… En ek het heeltemal van dier wa af geval toe ek my vanoggend gou weeg het ek so 2kg op getel… Dis swak ek voel aaklig ek gaan hierdie komende week dubbel so hard oefen en nie eers so veel as n enkele druppel van enige iets in neem wat ek nie mag nie.. Kannie glo ek het dit toe gelaat nie… Maar jullr sal sien ek gaan bo uitkom ek weet dit…

Posted with WordPress by Johanna for BlackBerry.

Dieet Dag 4

Posted: Januarie 6, 2012 in Uncategorized

So Dinsdag het ek met my miesie begin om 20 kilos af te gooi… Daar is groente en vrugte en Vet vrye melk (JAK!!!) Gekoop.. Sop gemaak en die dieet bestudeur (om te sien of ek nie n lope hole kan vind nie… Daar was nie) ontbyt was vrugte en sop.. Middag ete was vrugte en sop.. Aand eete was… Teen aand ete het ek n artiekel op die net gevind wat bevestig dat die sop dieet eintlik maar n pot tjol is.. Soos my Grieksegod gese het “I could have told you that” so dinsdag aand het ek met die moeder en die Admiraal(my vader) gaan uit eet.. N 200g fillet en groente.. Geen stysel nie.. Baie trots.. Woensdag het ek dieet geruil… Nou kan ek van alles eet maar net n bietjie en minimale vette… Net 5 lepels suiker n dag maar omtrent 9 snye brood of ander stysel… En ek mut se ek hou nog al goed by.. Ek was by n begrafnes vandag en na die tyd by die koek en tee het ek my gedra wn net n kwart eier toebroodjie, n frikidelletjie en en samosatjie gehad.. O ja en een karemel doppie… Geen meer Coke geen meer ollie en minimale suiker… Wat my onder kry is die oefening maar my grieksegod het gese hy sal my help… N half uur op die oefen fiets elke middag… Hoe moeilik kan dit nou eintlik wees… Ek het my nog nie weer geweeg nie maar ek bly positief… Die moeder het gese as ek 20 kilos verloor betaal sy helde van my kar terug… Die ding moet net werk… Hoe baie van julle nuwejaars voornemings hou julle nog by??

Posted with WordPress by Johanna for BlackBerry.

Hier kom 2012

Posted: Desember 30, 2011 in Uncategorized

NUWEJAARS VOORNEMINGS VIR 2011
1. EK WIL 182.5 BLOGS DIE JAAR SKRYF… (met die skryf van die eerste 2011 blog het daai een klaar sy dinges gesien)
2. EK WIL DIE MENSE SAAM MET WIE EK WERK BETER BEHANDEL… (ja nee, wishfull thinking… ek mut se ek het darm helfde minder mense laat huil en ek was net een keer op kantoor houding in geroep) 3. EK WIL MY FOCHINI REKENING TOE MAAK… (afbetaal en weer vol gekoop en weer begin af betaal)
4. MY MOTORFIETS AFBETAAL… (check en n kar gekoop so hier begin die paaiemente alweer)

5. TROU (WHATEVER!!! selfs julle het geweet die een gaan nie gebeur nie)
Hierdie jaar het sy hoogte en laagte punte gehad… maar genadiglik meer hoogte punte… ek het n promosie gekry by die werk, n kar gekry en n oulike griekse god ontmoet… hoogte punte… laagte punte… die vrou wat in my vorige posiesie aan gesetel is kom ek gladnie mee oor die weg nie en sy bly my onsermyn, my petrol het van R70 n maand naa R500 n maand op gegaan en ek het n griekse ass ontmoet whahaha… ag nee wat.. 2011 was n goeie jaar.. ek het nou familie in die buite land en kan uitsien na ski vakansies in sie Switserse alpe…
nou vir nuwe voornemings..
1. Verloor 20kg (moeder sal helfde van my motor skuld betaal as dit gebeur)
2. Betaal my Fouchini rekening af EN MAAK HOM TOE
3. begin weer kerk toe gaan… was gans en al te lank laas by een
4. blog tenmunste 1keer n week
5. en natuurlik TROU!!!
en vir die jaar gaan daar n 6de een wees… HOU BY AL MY VOORNEMINGS… no 5 nie insluitend nie… hys nogsteeds optioneel…
Voorspoedige nuwejaar en bly vylig

Springfever

Posted: Mei 31, 2011 in Uncategorized

Toe ek laas Dinsdag middag by die huis kom besluit ek om gou bietjie netjies te maak… 6 ure later het ek met n baie moee maar bevredig  tevrede lyf in die bed geklim… op die ou ent het ek sommer my laaste bokse van die trek Desember ook uit gepak en weg gegooi wat regtig onnodig was… tussen al dit goed het ek op my ou skool dag boek af gekom…

Kyk ne, as ek kon terug gaan in tyd sou ek bitter graag Jonger Johanna aan die vlegsels wou ruk en n paar warm klappe wou gee…

Mr M,

Die mooiste ou wat ek nog

Ooit in my lewe gesien het

Het langs my in die afr

Klas kom sit…

 

Mr M

Ek hoop D vra my na die

Valentyns sokkie toe…

 

Mr M,

Ek wil Engela se oog

Hare uit ruk. Ek het

Haar en D agter die

Musiek klas gevang

Vry…

 

Mr M,

Daar is n nuwe ou

In die skool hy kom

Van JHB af hy gaan

Rugby vir die skool

Speel…

en so gaan dit aan vir so twee en n half jaar… Mr M is die ou wat ek in St8 op n kerk kamp ontmoet het… hy was nie my eerste soen nie… al het hy baie hard probeer…

Toe blaai ek n bietjie aan en kom op n inskrywing af wat ek n paar jaar later gemaak het…. n baie warm PG rated vry sessie wat hierdie 32 jarige wereld wys girl so bietjie warm om die kraag so gehad het… Madelie Human sou trots wees…

Ek is so bly ek het wyser geword en verloor nie so maklik my Hart, kop of enige ander liggaams dele in daai geval op sommer enige iemand mer nie…

Ek raak vreeslik geirreteerd met die 16 en 17 jarige meisies wat so seuns behep is… maar my oe het oop gegaan… ek was ook 16 en ek was net sou… dankie tog ek is nie meer nie!!!!

 

 

 

 

 

Die Held

Posted: Mei 29, 2011 in Uncategorized

Hi julle…so, ek weet ek het baie lank laas geskryf, maar, dis nie belangrik nie… ek het jullle hulp nodig… ek soek n held vir my hygverhaal.

ek is n groot aan hanger van TALL DARK AND HANDSOME so dis hoe hy gaan lyk, maar nou wil ek weet of julle my nie kan help met n paar adjektiewe wat ek in die boek kan gebriuk want al is ABSOLUTELY GORGEOUS… n goeie beskrywing dink ek nogal nie die mense gaan baie beindruk wees as ek dit op elke twede bladsy gebriuk… so kan julle asb uit help… goeie afrikaanse beskrywinde byvoeglike naam woorde vir TALL DARK AND HANDSOME….

dink Heath ledger met donkerder hare…

SUNDAY BLOODY SUNDAY

Posted: Februarie 10, 2011 in Uncategorized

25 September 1976, Dublin Ierland. ‘n 14 jarige seun, van die Mount Temple Comprehensive skool met die naam Larry Mullen jr, plaas n kennisgewing teen n bord. BAND MEMBERS NEEDED!! 6 seuns antwoord die kennisgewing.

die oefen sessies vind plaas in jonge Larry se kombuis. Mullen op dromme, David Evens en sy ou boet Dik op kitaar,  Adam Clayton, ‘n vriend van die Evens broers op Baskitaar en Paul Hewson op ‘lead vocals’ twee ander seuns was oorspronklik ook deel van die groep. Ivan Mccormick het na die eerste oefen sessie nie terug gekom nie en Peter martin het n paar weke later op gegee.

Mullen besluit om die groep The Larry Mullen band te noem maar tien min later besluit hy daar teen… Die groep besluit dan om hulle self Feedback te noem siende dat dit maar een van die enigste tegniese termes was wat hulle geken het… In Maart 1977 verander die groep se naam weer eens, die keer noem hulle hulle, the Hype.  In Maart die volgende jaar verlaat Dik Evens die groep. met sy afskeids konsert stap hy van die verhoog af en met dit verander die groep van n vyftal na n viertal en die naam vir n laaste keer.  

David Evans – The Edge

Paul Hewson – Bono

en in 1978 word The Hype – U2.

kom Sondag aand sal ek uit volle bors saam met derduisende U2 aanhangers in die FNB arena saam sing… HOW LONG, HOW LONG WILL WE SING THIS SONG…

Dommer as grond

Posted: Februarie 4, 2011 in Uncategorized

HOE ADD EK IEMAND OP MY BLOGROLL???