Soos julle almal al weet het Johanna al twee jaar terug uit haar ou moeder se huis uit getrek.. Jaja ek weet, hoekom bly enige iemand op 30 nog by haar ma??? Goedkoop bly plek is die antwoord… Ek het vir so n ruk in koljander gebly en nou al vir die afgelope jaar by Quackers Haven… Dis n bitter klein woonstelletjie op een van die mooiste erwe in die hele waterberg kontry… Maar soos ek se, bitter klein… Al wat in my woonstel in pas is n yskas, n bed , lesenaar en Tv/boekrak… Dis meer n buitekamer wat omskep is…
Van November verlede jaar bly ek so aan en af by my ou moeder… Meer aan as af… Ek het 2 maande huur by my woonstel betaal waarvan ek seker 3 dae daar geslaap het… Moeder bly so n rapsie nader aan die plaas so dis gemaklikker om in die aand net daar te stop, eet en sommer oor te slaap… Aangesien ek nie plek vir n wasmasjien het nie was ek klere ook daar by Flamingo (waar moeder bly) so ek het klere daar…
So ek het so terloops gisteraand vir moeder gevra of ek nie maar kan terug trek en al wat sy tese gehad het is ons sal jou breukware in bokse sit en op die stoep bere…
So nou die groot vraag moet ek of moet ek nie… Ek HAAT my woonstelletjie en dit sal my amper 500 rand n maand spaar…
Posted with WordPress by Johanna for BlackBerry.




